Logo

Beskermde kletsprogram vir ons almal.

Met die oog op die opkoms van wydverspreide beheerprogramme van regerings, is qTox 'n gebruikersvriendelike program wat jou toelaat om met vriende en geliefdes te klets sonder dat iemand anders kan inluister.

qTox Agtergrond

qTox is gebou met die idee dat jy kan tred hou met vriende en familie, sonder om jou privaatheid op te gee.
Terwyl ander grootnaam dienste betaling vereis om meer funksies te ontsluit, is qTox gratis met onbeperkte vryheid.
Jy is vry om qTox te gebruik net soos jy wil.

Kitsbootskappe, video konferensies en nog meer

Screenshot

Boodskappe

Altyd op jou vingerpunte.
Jy is altyd deel van die geselskap met beskermde (geïnkripteerde) boodskappe.

Oproepe

Hou kontak.
Maak vry en veilige qTox-tot-qTox oproepe.

Video

Sien is glo.
Gesels van aangesig tot aangesig deur 'n veilige video-oproep.

Sekuriteit

qTox neem jou privaatheid ernstig op.
Met eerste-klas kodering , kan jy gerus wees dat die enigste mense wat jou boodskappe lees, is die mense vir wie jy dit stuur.

Eenvoudig

In teenstelling met ander veilige kitsbootskap oplossings, vereis qTox nie dat jy 'n rekenaar programmeerder moet wees om dit te kan gebruik nie. qTox kom uit-die-boks met 'n eenvoudige gebruikers koppelvlak wat jou toelaat om te fokus op jou gesprekke.

Vryheid

qTox is gratis en kan verander word om jou te pas. Jy is heeltemal vry om qTox te gebruik en te verander. Verder sal qTox jou nooit teister met advertensies, of vereis dat jy betaal vir funksies nie.